Terg Gedrag By Kinders

TERG GEDRAG BY KINDERS

Elizabeth Oosthuizen - Sielkundige



KINDERS WAT TERG

Eenvoudig gestel – sommige kinders terg andere deurdat dit hul “goed” laat voel, altans hulle dink so.

“Kyk na my”

Enige aandag is beter as geen aandag. ……….. Die behoefte om aandag te ontvang is ‘n oorweldigende behoefte waaruit kinders se gedrag gebore word.

Kind - terg/”stout” - doel: dat ander kinders hom bewonder, - “vals” positiewe gevoel - om negatiewe aandag

Moet dink hy is sterk & het baie te ontvang is beter, as

selfvertroue as om ‘n “niks” te voel

“Any spotlight is better than the shadows” – daarom is ignoreer van terg gedrag so effektief.

Rede: Die kind wat terg het moontlik swak ontwikkelde sosiale vaardighede en vind dit moeilik of het nog nie geleer om sosiale verhoudings met hul vriende te bewerkstellig nie.

“Ek is beter as jy”

Sommige kinders het ‘n brose selfbeeld. Op hul lewensreis het hul een of ander “skade” beleef wat hul selfbeeld negatief beïnvloed het, wat ons as buitestaanders nie direk in hul gedrag of op hul gesigte kan sien nie. Die gevolg is dat hul ‘n behoefte daaraan het om nie net waardig te voel nie, maar superieur in hul eie selfbeeld. (om so hul gevoelens van erge minderwaardigheid te hanteer)

Kind - terg - breek ander emosioneel af - laat hom superieur voel

(“cool gedrag”) voel beter as ander kinders “slegter” as hy lyk voel magtig (powerful) as ander kinders emosioneel of fisies reageer op hul terg gedrag trane, woede, vrees, angs wat ander kinders beleef, laat

die kind wat terg in beheer voel en dra by tot sy gevoel van mag en superieuriteit (payoff)

“Dit was net ‘n grappie”

Baie kinders wat terg, spot en ander “name” noem, sal probeer om hulself te verontskuldig om die gevolge van hul gedrag te ontwyk, deur te beweer die hele insident was “net ‘n grappie”. Hul sal selfs ‘n verontwaardige houding inneem teenoor die seun/meisie wat hul geterg het bv. “Chill out, can’t you take a joke?”

Dit is egter nie ‘n “grappie” nie, maar is meestal van die tyd ‘n passiewe-agressiewe metode wat die terger gebruik om ‘n ander “terug te kry”. Hul wil as’t ware die marionettemeester wees van die ander kind se emosionele reaksies.

“Moenie kwaad word nie – ek kry jou net terug”

Baie kinders voel dat hul geregtig is daarop om met “kwaai gedrag” te reageer teenoor die kind wat hul terg. “Ek het hom lelike name genoem, maar hy het my eerste name genoem” – kinders gebruik dit as verskoning om hul van enige verantwoordelikheid vir hul eie wangedrag te verlos. Hierdie wangedrag kan wissel van slaan, skinder tot steel.

Hul moet verantwoordelik vir hul dade aanvaar, en sal moet leer dat die woorde “Maar hy het dit begin!” nie ‘n aanvaarbare rede is vir wangedrag.

Baie keer kan innerlike hartseer of verwerping tussen maaitjies ook lei tot aanvallende gedrag. Bv. Alicia word nie genooi na partytjie waarna byna die hele klas genooi is. Die gevolg is dat sy Susan (verjaarsdag meisie) met woorde en fisies aanval. ……….. Hierdie hele episode kon verhoed gewees het, as Alicia met Susan kon gedeel het dat sy uitgesluit en hartseer voel dat sy nie genooi is na die partytjie (sosiale vaardighede).

“Jy maak my so kwaad!!!!”

Baie kinders weet hoe om hul gevoelens van kwaad konstruktief en toepaslik uit te druk nie. Die gevolg is dat hul gebruik maak van belediging en terg. In sommige gevalle is kinders kwaad vir iets wat niks te make het met die kind vir wie hul terg. Kwaad in die geval meestal slegs ‘n projeksie dat iets emosioneel nie OK is, by die terger.

Swak beheer oor gevoelens van kwaad; en terg gedrag as as hanteringsmeganismes, is algemeen by jong kinders. Dit is egter belangrik dat swak hantering van woede/kwaad gevoelens vinnig deur onderwysers, ouers hanteer moet word, andersins kan dit aanleiding gee tot ‘n bose kringloop tydens die volwasse lewe.

WAAR LEER KINDERS DAT TERG EN BULLYING OK IS?

• Gemeenskap wys vir hul dat dit OK is. (bv. Pad woede)

• Nuus, flieks, video speletjies, televisie programme

• Afbrekende terg gedrag tussen individue op televisieprogramme – en ons almal “lag” daarvoor en vind dit snaaks (soms is daar geen defnitiewe lyne tussen wat is snaaks en wat is disrespekvol)

• Politieke partye se opponente maak gebruik van bullying en afbrekende woorde tussen mekaar

• Kinders verstaan nie kulturele verskille nie, en glo as kind nie maak soos hy nie, is hy verkeerd.

• Voorbeeld van interaksie tussen volwassenes en familie tuis (modelering)

Waar nog? ……………………………………………………………………………………………………………….

‘n PAAR STRATEGIEë OM JOU KIND TE LEER AS HY/SY GETERG WORD:

Kinders moet ‘n wapenrusting van hanteringsmeganismes hê, wat hul kan inspan as hul geterg word. Soos: www.lenseseyes.com

Self-Praat

• Is dit waaroor ek geterg word die waarheid??? (help kind om te laat gaan van gevoelens van hartseer, kwaad, seer baie vinniger)

• Wie se opinie is belangrik hier???, myne of die kind wat my terg?? (help kind om sy self respek terug te neem)

• Dink mooi gedagtes --- oor jouself. (kind moet aan positiewe dinge dink, wat hy van homself hou terwyl hy geterg word)

• Stop, dink wat is jou keuses en beplan wat jy wil doen. (Veral kinders wat impulsief optree, moet vooraf deur rolspel geleer word van verskeie idees hoe hul kan optree in ‘n terg situasie, dus jy as ouer speel situasies met hom en leer hom so)

Ignoreer

Om die terger te ignoreer is een van die mees kragtige metodes – want jy gaan nie aandag gee aan hul “aandagsoekende gedrag”. Deur vir kinders te leer dat hul kinders moet ignoreer as hul geterg word, het dit die gevolg dat jou kind:

• magtiger gaan voel in die situasie

• in beheer gaan wees (andersins is die terger in beheer!!)

• nie hul automatiese emosionele reaskie (huil, skreeu) gaan toon nie.

Ek-Boodskap

Die “ek” boodskap bemagtig die kinders wat geterg word, deurdat hul op ‘n assertiewe wyse hul gevoelens kan uitdruk, en nie ingee en “saamspeel met die terger se spel” nie.

Voorbeelde: - “Ek voel ontsteld as jy afbrekend praat oor my fiets”

• “Ek hou nie daarvan as jy ‘n grap maak oor hoe ek hardloop nie. Dit is hoe ek hardloop. Hou asseblief op om my te terg”

Gebruik Verbeelding



Elizabeth Oosthuizen

Counselling Psychologist

Phone: +27 (0)21 555 1484

Fax: +27 (0)21 555 2351

Cell: +27 (0)82 739 6321

 


www.sadoctors.co.za - South Africa's premier interactive site for all medical doctors, specialists, dentists, psychologists, hospitals, clinics and allied medical services in Cape Town, Western Cape, Johannesburg and Pretoria, Gauteng, Durban, KZN and the rest of South Africa.